Avette & Theunis got married on 19 March 2011 at the Walksipper Restaurant just outside of Jeffreys Bay. Location Wedding Photography provided by RRAD Photography.
Hi Eidie en Riegardt!
Ons is terug van honeymoon!!! Het die beste tyd ooit gehad...was amazing gewees! Wens net dit kon langer aanhou!
Wow....die foto's is ongelooflik! Julle twee is die beste fotograwe wat ek al OOIT gesien het! Julle kan tot mense soos ons soos modelle laat lyk! Julle het die ongelooflikste talent en aanvoeling...regtig uitstekend!
Baie baie dankie vir al die moeite en tyd wat julle in ons gesit het! Ek sien alles raak en waardeer al die energie en die opgewondenheid wat julle ingesit het om die dag onvergeetlik te maak!
Ek sal altyd onthou dat die fotograwe op ons troue nie net fotograwe was nie, maar ook deel van die troue en deel van die gaste! Julle is great, en die feit dat julle so gemaklik was en sulke great mense, het al my verwagting oortref van fotograwe! En dan is julle foto's nog die mooiste ook!
Al die mense vir wie ons die password gegee het, sê ook hulle het nog nie so iets gesien nie! Baie baie dankie!
Eidie, ek dink jy kan maar die password nou afhaal...dat almal julle talent kan sien!
My profile foto het almal aan die praat hoor!
Hoop dit gaan goed met julle! Ons mis Jeffreys sommer baie!
Avette & Theunis
Sjoe!! Soos Alwyn sal sê: top billing fotos!!!! Dis pragtig julle!!
Mnr. en Mev. Botha, julle lyk ongelooflik! Avette jy is pragtig. Ons is trots om familie te wees van so mooi paartjie.
Lief vir julle.
Liez
The guestbook is empty.
Loading...
(C) 2012 RRAD Photography | Email: rrad@me.com | Cell: +27 71 896 6832